DWKaaps trilingual dictionary banner

Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK)

Trilingual Dictionary of Kaaps

Oo ons

Welkom by die tuisblad vannie Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK), n beskrywende korpusproject wattie eeste woordeboek van Kaaps sal ontwikkel.

Kaaps is een vannie tale in Suider-Afrika wat innie 1500s geskep is. Dit is vandag n belangrike taalbron virie sprekers van Kaaps wat innie Wes-Kaap en regoo Suid-Afrika vookom. Maa dit is oek een vannie mees marginaliseerde tale innie geskiedenis van ons land.

Academici, skrywers, aktiviste en taalkundiges voer al lank aan dat ons moet focus oppie:

  1. Die Taalkundige beskrywing van Kaaps.
  2. Die eenwording van die skryfstelsel.
  3. Die opvoedkundige vooruitgang van Kaaps vir akademiese geletterheid
  4. Die ekonomiese voordele van Kaaps.

In ‘n poging om tot hierrie fokuspunte by te dra, is die breër doel van hierrie project om die heersende negatiewe houdings en persepsies van Kaaps en sy sprekers te transformeer deur ‘n opvoedkundige hulpbron te produseer vir sosiale en akademiese geletterheidspraktyke in die onderwys, godsdienstige, kulturele, politieke en ekonomiese sfere wat deel vorm van osse demokratiese sameleweing. In hierrie opsig fokus os op die volgende doelwitte:

  • Ommie historiese wortels van Kaaps verder te belig.
  • Om by te dra totie huidige debate oo ie eenwording van die skryfstelsel van Kaaps.
  • Ommie gebruik van Kaaps in alle toepaslike modaliteite, platforms, genres, praktyke, optredes, interaksies en taalkundige landskappe te dokumenteer.
  • Ommie geleefde taalervarings van sprekers van Kaaps te beskryf.

Hierrie website bied aan inligting oorrie DWK project ennie redaksie, plaaslike en internasionale adviesraad, anne goetes, nuus en osse kontakbesonderhede.

Kaaps Dictionary

The Kaaps Dictionary is published by the Society virrie Advancement van Kaaps (SAK) Press (ISBN: 978-1-0370-4946-0). If you want to order a hard copy or donate a hard copy to a child, school or library please write to the dictionary team at dwkaaps@uwc.ac.za for more details.

Kontak Os

  021 959 9398

  dwkaaps@uwc.ac.za

Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR)
University of the Western Cape
Robert Sobukwe Road
Private Bagx17
Bellville
7535
SOUTH AFRICA